Voorskool tot Graad 3 · 4 avonture

LekkerLeer

Leer. Ontdek. Ontrafel.

Afrikaanse lesse van 3–6 minute wat in 'n storie-avontuur inpas: help Daniël en Lize om Oupa Willem te vind terwyl jou kind taal, lees en wiskunde oefen.

  • Voorskool
  • Graad R
  • Graad 1
  • Graad 2
  • Graad 3

Geen advertensies · geen onnodige kinderdata · werk sonder internet

Reeds 'n rekening? Meld aan

Lize hou haar vergrootglas op en dra 'n klein leersak oor die skouer.

Voeg LekkerLeer by die tuisskerm — dit werk ook sonder internet.

Wys my hoe
  1. 1

    Kies 'n graad

    Voorskool tot Graad 3, met CAPS-belynde inhoud.

  2. 2

    Speel 'n les

    Kort vrae met stem, prente en dadelike terugvoer.

  3. 3

    Verdien sterre

    Sterre sluit die volgende halte van die storie oop.

Kyk hoe dit werk

Kies 'n graad, doen 'n regte oefening en verdien sterre — nou dadelik, sonder rekening.

Proefles · Graad 2

Die drie lang klanke

Vraag 1 van 3

Watter woord het die -aai klank?

Daniël, negejarige seun met deurmekaar donker hare, kakie-oorhemp en 'n veldnotaboek.

“Oupa het altyd gesê: 'n goeie speurder kyk twee keer. Kom ons kyk saam.”— Daniël, 9

Die avonture

Vier stories, elk met haltes, storietonele en lesse vir jou kind se graad.

  • Toneel uit Die Kruger-kode
    Avontuur 1 · Pretoria → Kaapstad

    Die Kruger-kode

    Oupa Willem is weg. Volg die briewe en die kompas van sy studeerkamer tot by die Kasteel.

  • Toneel uit Die Kode van Mapungubwe
    Avontuur 2 · Pretoria → Mapungubwe

    Die Kode van Mapungubwe

    'n Klein goue renoster lei die kinders noordwaarts na 'n antieke handelsroete se verlore boodskap.

  • Toneel uit Die Draak van die Drakensberge
    Avontuur 3 · Pretoria → Giants Castle

    Die Draak van die Drakensberge

    'n San-rotskunsfiguur wat soos 'n draak lyk lei die kinders deur die berge — tot hulle mite van feit kan skei.

  • Toneel uit Die Vuurtoringkode
    Avontuur 4 · Kaapstad → Gqeberha

    Die Vuurtoringkode

    'n Skeepsjoernaal, 'n gebreekte kompas en 'n reeks ligkodes lei die kinders langs die kus — hoekom het 'n vuurtoring die verkeerde sein gestuur?

Vir die ouer

Jy sien presies waar jou kind sterk is en waar hy vashaak — sonder om oor sy skouer te staan.

  • Weeklikse verslag

    Sterre, minute en akkuraatheid — met die verskil teenoor verlede week.

  • Fokusareas

    Kies jou kind se probleemareas; die avonture voeg self meer oefening daaroor by.

  • Skermtyd

    Stel 'n daaglikse limiet en 'n weeklikse doelwit vir sessies en minute.

  • Vorderingskaart

    'n Drukbare kaart om by die skool of by ouma te wys.

Skep 'n gratis ouerrekening

Wil jy dit op die foon of tablet hê?

Op Android installeer jy met een tik; op iPhone en iPad wys Safari se deelknoppie “Voeg by tuisskerm”. Geen winkel, geen aflaai-registrasie nie — en dit werk sonder internet.

Installeer op die tuisskerm

Begin vanaand se les

Gratis om te begin. Ouers skep die rekening; kinders het nie 'n eie e-posadres nodig nie.

Begin gratis